Birth | David’s supernatural Birth | Johannesburg Birth Photographer

“In solitude the mind gains strength and learns to lean upon itself.” – Laurence Sterne

Every fear melted away when she gave birth to her second child, David, in a moment of complete and calm solitude – which she believes was meant to be. Although this birth was a moment shared by no-one but David and his loving Mom, support arrived quickly once David had arrived, and I was able to capture those first precious shared moments.

“Net na middernag tot 01:30 Vrydagoggend het ek woeste kontraksies gehad, toe raak dit stil. Die vroedvrou en doula het gesê hulle dink dis David wat verder afskuif. Daarna was dit rustig, tot na Saterdag se groot kuier met familie. Sondagoggend het ek weer 01:00 wakker geword van kontraksies maar met asemhalingstegnieke het ek daardeur gekom. Ek sê toe vir Deon ek dink dit is tyd, want die surges was konstant – al was hulle nog ver uitmekaar. Later die oggend het ek `n bietjie bloeding gesien en ek het vir Tertia en Elrika laat weet. Tertia het die bad gebring en ek het rustig deur die surges asemgehaal. Sy het weer gery en ons het Disney movies gekyk.

Ek het die lengte van die surges en die tyd tussenin begin monitor en die app het twee keer laat weet ek moet hospitaal toe gaan.

Ek besluit toe om gou te bad en dan almal te laat weet. Deon en Andries was nog besig om fliek te kyk toe ek in die bad was, en ek kon voel hoe raak my surges rustiger – ek het lekker rainbow relaxation gedoen.
Die oomblik toe ek daar uitklim toe beur my lyf af. Ek gaan toe maar twee keer toilet toe en ek laat weet weer vir Tertia, Elrika en Sam om te kom. Hulle was nog besig om te vra hoe ver die kontraksies uitmekaar is, maar ek kon nie meer tik nie!
Ek het net op die bed neergesak, my worship musiek aangesit en begin huil – ek kon nie eers vir Deon roep nie. Dit was so intens, ek het gedink as hierdie maar net die begin is, gaan ek dit nie maak nie. Maar wow… terwyl ek daar lê voel ek skielik hoe die Here Sy arms om my vou en my krag gee sodat ek kon opstaan en hurk by die bed. Toe besef ek dis nou my breathing phase, want surge breathing het niks meer gehelp nie!

Ek begin asemhaal en kon voel hoe beweeg David af.

Andries stap in die kamer in net toe my water breek. Hy het my een kyk gegee en rustig vir pappa gaan roep. Deon het ingekom en ‘n handdoek onder my ingegooi (hy was in die stort gewees), en toe is Elrika by die hek. Die oomblik toe David in die gang afloop, breathe ek David se koppie uit – in my hande in. Ek het weer ontspan, ‘n paar asemhalings gevat en toe glip daai wonderlike warm lyfie in my hande in! Ek klim op die bed, sit hom op my bors en die volgende oomblik staan Deon en Elrika daar. Verstom! Deon sê agterna dat hy homself gekalmeer het deur te sê,

Toemaar, ‘n baba kan nie kom as die vroedvrou nie daar is nie.”

Ek glo dit was absoluut die Here wat geweet het ek moes dit op my eie doen met net Sy teenwoordigheid om my. Met Andries het die vroedvrou my so gepressure om te druk dat ek bang was dit gebeur weer. Hierdie keer was dit absoluut soos ek dit wou gehad het. Die Here is awesome en ons liggame is wonderbaarlik gemaak!
Ek wens elke mamma kan dit beleef, maar ek weet ook Sy hand is in elke geboorte.
David is 12:32 gebore. Elrika was 12:33 daar, Tertia so paar minute na haar en Sam so 13:15. En ek is amazed oor hoe Andries dit hanteer het. Hy het na die geboorte langs my op die bed geklim, sy boetie gesoen en toe ingeklim en ‘n middagslappie gevat. Die plasenta is ‘n halfuur later gebore.

Elrika en Tertia was engele.

Hulle het alles skoongemaak, aangesien ek toe glad nie in my birth room geboorte geskenk het nie maar in ons kamer op die bed. Daar was nie eers ‘n druppel water in daai bad gewees nie.
So blessed en so dankbaar dat dit vinnig was – daai laaste ses kontraksies was crazy intens! And that’s our story.”

Our stories are written in exactly the right way. May not be what we prepared for or envisioned but always by Devine Desgin

Sam xo

0 Comments

Leave a Reply

YOU MIGHT ALSO LIKE

my LATEST WORK

Birth | Mighael van Niekerk | Pretoria Birth Photographer

Birth | Mighael van Niekerk | Pretoria Birth Photographer

“I have been delaying writing my birth story. It has taken me a while to process the events from that day, and the days and few weeks following, and to be okay with not writing a ‘perfect’ story with perfect English. I truly hope that being real about the latter, and that which follows, will make at least one other mom out there, facing a similar experience, feel less alone in having had a ‘good but not perfect’ birth

Birth | The role of a Doula | Johannesburg and Pretoria Birht Photographer

Birth | The role of a Doula | Johannesburg and Pretoria Birht Photographer

I have had the privilege to work with many wonderful doulas and I would like to say thank you! Thank you not only for your servant heart but also for what you are doing for woman. In a place of vulnerability you aid us in being strong, in a place of insecurities you reassure, in a place of fear you speak hope!

GET IN TOUCH

sam@samschroder.co.za

#birthisbeautiful  #findthelight

%d bloggers like this: